Martelaar

Hierdie artikel moet skoongemaak of andersins verbeter word.
Hierdie artikel voldoen nie tans aan die hoë gehaltestandaarde waarna Wikipedia streef nie. Voel vry om self in te spring en verbeterings te maak, en verwyder hierdie kennisgewing ná die tyd. Vir meer hulp, sien die redigeringshulp. Daar is moontlik kommentaar in die artikel of op die besprekingsblad oor wat verbeter moet word.

'n Martelaar is iemand wat vervolging en dood ly omdat hy 'n godsdienstige oortuiging of saak bepleit, verloën of weier om afstand te doen of te bepleit, soos vereis deur 'n eksterne party.

Die Encyclopaedia Britannica[1] verwoord die nou betekenis van die woord as "iemand wat vrywillig die dood aanvaar eerder as om sy/haar geloof deur woord of daad te loën".

Sint Sebastianus

Die WAT[2] beskryf 'n martelaar as iemand wat gemartel word en gee as definisie van martel "om op wreedaardige manier groot liggaamlike pyn of leed aan te doen of veroorsaak gewoonlik met die doel om:

  • godsdienstige of politieke teenstand te onderdruk
  • 'n skuldbekentenis af te dwing
  • inligting te bekom
  • sadistiese plesier te verskaf."

In die tweede definisie sluit die WAT ook geestelike lyding in.

Jan Hus op die brandstapel

Die Catholic Encyclopaedia [3] wys daarop dat die woord oorspronklik uit Grieks kom en "getuie" beteken. Die eerste Christelike martelare was dus "getuies vir Christus" wat weens hulle getuienis gedood is." Eusebius skrywe dat die belyders van Lyon wat deur die gelowiges as martelare aangespreek is, self die benaming geweier het en verklaar het dat: "Hulle (die wat dood is) is martelare, maar ons is gewone belyders".

  1. Martyr. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.
  2. Martelaar. (1996) WAT Tiende Deel, p151. Bureau van die WAT.
  3. Hassett, M. (1910). Martyr. In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Besoek 19 September, 2014 by New Advent [1]

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search